News

Hang jou turkoois-tooisels al vir bejaardes?

Hang jou turkoois-tooisels al vir bejaardes?

 

Raak betrokke en wys jy gee om vir ons dorp se bejaardes met die Tooi Turkoois landwye veldtog vir die bewusmaking van bejaardesorg. Vandeesweek word elke kerk, elke lodge, sekuriteitsmaatskappy, vulstasie of kafee uitgedaag om tot 15 Junie jou winkel, kantoor, vulstasie of lodge met turkoois lappe of strikke te tooi. Jy kan ook ‘n strik, blom, lap, armbandjie, plakkaat en ballonne by AMOT (Tweedelaan 15, Parys), koop om jou ondersteuning te wys. Nog ‘n idee is om ‘n geskenkpakkie op te maak en daarin items soos koekies, lekkers en toiletware te plaas en dit dan by ‘n tehuis vir bejaardes af te lewer. So kan jy ook vir ‘n bejaarde jou omgee wys. As jy graag nog meer inligting oor die veldtog wil hê, of wil hoor hoe jy andersins kan help of by die projek betrokke kan raak, skakel 084 580 6104, 076 234 5525 of 078 070 5200.  

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button