NewsNews

Skole kontaksport is eers af van die baan

Skole kontaksport is eers af van die baan

   

 

DIe minister van basiese onderwys, minister Angie Motshekga, het vanoggend, Woensdag 19 Mei, aangekondig dat alle skole kontaksport onmiddellik gestaak word. Die wysiging van regulasies sal in die staatkoerant gepubliser word. Nie-kontak sport oefening in skole kan egter voortgaan mits sosiale afstand gehandhaaf word, en alle veiligheids- en gesondheidsregulasies nagekom word, en daar geen fisiese kontak is tussen deelnemers gedurende oefening nie.

Die besluit volg na verskeie gevalle in Gauteng gerapporteer is wat verband hou met sportaktiwiteite waar leerders positief getoets het vir Covid-19 in die laaste week van die eerste kwartaal, en die tweede skoolkwartaal, sowel as met die algemene styging van Covid-19 gevalle in die land. Die departement het gesê dat ten spyte van voorsorgmaatreëls wat getref is ten opsigte van veiligheid en gesondheid van leerders, dit duidelik is dat kontak sport geleenthede wel bydra tot die verspreiding van die virus. Die departement het die versekering gegee dat hy die situasie monitor en dienooreenkomstig besluite sal neem.  

 

Related Articles

Back to top button