NewsNews

Registreer dan vir verkiesing

Registreer dan vir verkiesing

 

 

Kiesers sal op 17 en 18 Julie landwyd kan registreer vir vanjaar se plaaslike verkiesing wat op 27 Oktober gehou word.
Die land se 23 146 stemlokale sal op dié dae van 08:00 tot 17:00 oop wees vir nuwe kiesers om te registreer, en reeds geregistreerde kiesers om hul besonderhede na te gaan of te wysig.
Hoewel dit die enigste registrasie-naweek in aanloop tot die verkiesing is, het die Onafhanklike Verkiesings Kommissie (OVK) aangedui dat mense ook deurlopend by enige OVK-kantoor sal kan registreer.
Om te registreer moet jy:
* Ouer as 16 jaar wees.
* ‘n SA landsburger met ‘n paspoort of identiteitsdokument.
* Registreer in die wyk waar jy woon of die meeste van die tyd is. Jy hoef nie bewys van adres te verskaf nie.
Onthou om jou masker en ID-dokument saam te neem wanneer jy gaan registreer, en om ten alle tye ‘n veilige afstand te handhaaf. Jy kan ook jou eie pen saamneem. Saniteermiddel en penne sal wel by die perseel beskikbaar wees. Onthou as jy verhuis het sedert die laaste verkiesing, sal jy jou besonderhede tydens die registrasienaweek moet gaan wysig en seker maak jy is by die regte stemlokaal geregistreer.
Om jou registrasie-status na te gaan kan jy ook vanaf Junie die OVK skakel by 0800 11 8000, of ‘n e-pos na info@elections.org.za stuur.
Bestaande kiesers kan ook seker maak van hul registrasiestatus deur jou ID-nommer na 32810 te SMS. Die boodskap sal jou R1 kos om te stuur.

 

 

 

Related Articles

Back to top button