NewsNews

Ontmoet van VVA se maatskaplike werkers

Ontmoet van VVA se maatskaplike werkers

       

 

Zunelle Vermaak wat vanaf 1 April ‘n maatskaplike werker by Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) in Parys is, is ‘n gebore Namibiër. Sy kom van Windhoek af en het in 2020 haar honneursgraad in maatskaplike werk aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus voltooi. Zunelle is in die plek van Willien Diedericks aangestel wat na jarelange diens by VVA, einde Februarie ‘n welverdiende ruskans met haar aftrede kon gaan geniet. Zunelle sal die gemeenskappe van Parys en Vredefort bedien, en sy sien haar pos as ‘n groot leerervaring wat sy met ywer aanpak. Zunelle is een van drie maatskaplike werkers by die VVA kantoor in Parys.

Naas Zunelle, bedien Julie du Toit en Refiloe Setsetse die gemeenskap. Refiloe werk hoofsaaklik in gedeeltes van die Tumahole-woonbuurt. Sy het eers vrywillige maatskaplike werk by Engro in Heilbron gedoen, voordat sy in 2019 by VVA in Parys aangesluit het. Sy het in Heilbron grootgeword en aan die Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoekkampus studeer.    

 

Related Articles

Back to top button