News

Plaasaanvallers steeds op vrye voet

Plaasaanvallers steeds op vrye voet

 

 

Die drie mans wat gisteraand ‘n egpaar en hul seun op ‘n plaas in die Fochville omgewing aangeval het, is steeds op vrye voet.

 

Mnr. Gerrie Brits, sy vrou Susan en hulle seun het omstreeks 19:00 van die dorp af op hul plaas in die Elandsfontein-omgewing Wes van Fochville teruggekeer. Drie aanvallers het hul egter ingewag en oorval. Die rowers het aangedring dat hulle die kluis moet oopsluit en mnr. Brits met ‘n voorwerp teen die kant van sy kop geslaan.   Hulle het ‘n haelgeweer en twee handwapens gegryp en ook ‘n skootrekenaar, twee selfone en kontant gegryp en dit in die gesin se wit dubbelkajuit Ford Ranger bakkie gelaai en weggejaag.

 
 

Die polisie, lede van die veediefstal-inligtingseenheid en ander helpers het dadelik na die aanvallers begin soek. Die bakkie is ongeveer ‘n uur later velate in Kokosi gevind. Die verdagtes is egter steeds op vrye voet met die res van hul buit.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button