NewsNews

Sterrekykers bekyk die Koepel se naghemel

Sterrekykers bekyk die Koepel se naghemel

 

Saterdagaand het die eerste sterrekykgeleentheid van die seisoen by Deelfontein se sterrewag plaasgevind. Frik le Roux van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika kon deur die groot 12-duim Meade-teleskoop van die sterrewag die wonders van die naghemel aan deelnemers wys, wat van so ver as Vanderbijlpark gekom het.
Die atmosferiese toestande is tans uitstekend vir sterrekyk, aangesien daar min vog in die lug is, en die weer meer voorspelbaar is.
Aanbiedings sal deur die winter tot ongeveer in September met elke donkermaanperiode plaasvind. Belangstellendes kan die aankondigings in die plaaslike koerante dophou, of inligting op die webwerf www.deelfontein.co.za verkry.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button