News

Bure, vrywilligers en nooddienste help toe lapa brand

Bure, vrywilligers en nooddienste help toe lapa brand

 

 

Bure, We Care, Parys Sekuriteit, Security Master, Parys SAPD en die Ngwathe brandweer het Sondagnag blitsig gehelp toe ‘n lapa in ‘n erf in Uniestraat naby die Rooidam, aan die brand geraak het.

Die gesin het nog deur die dag onder die lapa gekuier.

Volgens die huiseienaar het hy die aand met sy oom in Engeland oor die foon gepraat en is later in die huis in om sy foon te gaan laai nadat die battery pap geword het. Die volgende oomblik het sy vrou geskree en was bure wat die vlamme gesien het onmiddellik daar om te help. Die brand het net na 22:00 die aand begin maar was net na 23:00 onder beheer. Die hele grasdak-lapa het afgebrand maar danksy hulp wat so vinnig gekom het is daar nie skade aan die woonhuis nie behalwe vir ‘n paar ruite wat weens die hitte gebars het.  

 

 

 

 

 

Foto’s: We Care

Dankie aan almal wat so vinnig gehelp het. Parys het regtig ‘n omgee gemeenskap. Onthou brandgevaar is gewoonlik baie hoog veral tydens die wintermaande. Dit is belangrik dat jy jou bure se kontakbesonderhede sal hê en dat jy noodnommers op jou selfoon sal stoor.  

 

Related Articles

Back to top button