News

Vir dié dans moet jy jou ritme ken

Vir dié dans moet jy jou ritme ken

 

 

Sy ken die ritme van haar panne. Al agtien in gelid loop sy hulle deur – hier deeg gooi, daar draai, uithaal en weer deeg gooi. Om Matty Last, spaan in die hand, alleen agter meer as ‘n dosyn pannekoekpanne te sien met haar onderneming Yummy Pancakes, is geen ongewone gesig nie. Dis ‘n prentjie wat Parysenaars al vir by die 20 jaar ken by al wat fondsinsameling en basaar is. Vrydag was dit Blikoortjies-kleuterskool se beurt. ‘n Hele 1 450 pannekoeke wat Matty op bestelling moes bak vir ‘n fondsinsameling vir die skool. Sommige wat tot sover as Koppies moes gaan.

 

.    

 

Eintlik het haar pannekoek bakkery begin toe sy gehelp het met ‘n fondsinsameling vir die Bet-El gemeente, gesels Matty. Daardie jare het jy nog ‘n rand vir ‘n pannekoek betaal. Vandag kos die kaneel-lekkerte jou al ‘n hele R5. Oor die jare het Matty die kuns van pannekoek bak vervolmaak. Van ’n paar panne, tot ‘n koskaravaaan met 25 panne wat sy al op haar dag alleen beman het.

Sy ken elke ‘truuk’ in die boek. Van ‘n dikboom pan wat beter werk as ‘n aluminium pan, en deeg wat jy ‘n aand voor die tyd aanmaak sodat die stysel die vog goed kan absorbeer.     

 

 

 

 As die stoof té warm is en jou pan nie gelykmatig warm word nie, dan neig die pannekoek om vas te sit. En as jy met meer as een pan bak, moet jou ritme vir dié dans reg wees, en jou stowe in sarsies aangesit word. Twee jaar terug is daar ook pannekoek gebak vir die kleuters van Blikoortjies, en Vrydag, so saam met al die bestellings, het al die Blikoortjies ook die vingertjies kon aflek na die kaneelsuiker-bederf op ‘n yskoue herfsoggend.    

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button