NewsNews

WhatsApp: Dit is jou laaste kans vandag om ‘ja” te sê

WhatsApp: Laaste kans vir 'n 'ja' of jy moet groet

 

 

As jy nog nie die WhatsApp-boodskapdiens se nuwe voorwaardes aanvaar het nie, is dit vandag, Saterdag 15 Mei, jou laaste kans.

As jy nie die voorwaardes aanvaar nie sal jy stelselmatig oor die volgende weke nie meer die boodskapdiens kan gebruik nie.

Daar is al in Januarie aangekondig dat WhatsApp ‘begin met ‘n nuwe privaatheidsbeleid wat beteken dat beperkte data van gebruikers met Facebook gedeel sal word. Die voorwaardes het talle gebruikers dadelik uit pure vrees laat oorskakel na ander boodskapdienste soos Signal en Telegram.

WhatsApp gebruikers is toe grasie gegee tot 15 Mei en die versekering gegee dat die voorwaardes nie persoonlike gesprekke sal beïnvloed nie.

Jou persoonlike boodskappe sal steeds altyd van punt tot punt gekodeer word wat beteken dat WhatsApp nie dit kan lees of daarna kan luister nie. De verandering is daarop gemik om WhatsApp se integrasie met Facebook vir ondernemings makliker te maak.

As jy dus nog nie die voorwaardes aanvaar het nie, mag jy dalk vandag (Saterdag 15 Mei) ‘n herinnering ontvang wat vra dat jy die beleid moet  lees en aanvaar.

Aanvaar jy nie sal jou toegang eers beperk word, wat beteken dat jy self nie meer boodskappe sal kan stuur nie, en net op die diens sal kan kommunikeer as jy ‘n oproep of boodskap ontvang waarop jy dan kan antwoord. Later sal jy ook nie meer boodskappe op die diens kan ontvang nie.

Jou rekening sal nie van die diens verwyder word nie, maar jy dit sal dit bloot nie kan gebruik tot jy die voorwaardes aanvaar nie.

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button