NewsNews

Brigadier en kaptein van Vereeniging vas oor verkragting, mensehandel

Brigadier en kaptein van Vereeniging vas oor verkragting, mensehandel

 

Die Valke het twee senior polisiebeamptes van Vereeniging in hegtenis geneem vir klagtes wat met mensehandel verband hou.

VEREENIGING. – Die stasiebevelvoerder van die Sebokeng-polisiestasie, brig. Selikoe Esau Mokoena (57) en ‘n ondersoeker van die Sedibeng-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, kapt. Mbuti Richard Foli (57), het Vrydagoggend vlugtig in die Vereeniging-landdroshof verskyn op aanklagte van mensehandel en dwarsboming van die gereg.

Hulle is Donderdag deur die Valke in hegtenis geneem.

Die Valke het ook ’n mediese dokter, dr. Magnus Adelani Osinowo (31), wat glo met aborsies by ‘n bordeel gehelp het en dwelms aan vroue toegedien het, sowel as sy medepligtige, Ikechukwu Ononzawa (32), verlede maand in hegtenis geneem.

Die Valke sê hulle is deel van ’n mensehandel sindikaat.

Die arrestasies volg nadat verpleegpersoneel by ‘n plaaslike hospitaal  glodie polisie in kennis gestel het oor ‘n vrou wat ’n mislukte aborsie ondergaan het.

Die slagoffer is intussen  na ’n plek van veiligheid geneem.

The hawks have arrested two high-ranking police officials.

Volgens Kapt. Ndivhuwo Mulamu, ’n woordvoerder vir die Valke, word daar beweer dat vroue by hierdie bordeel aangehou is teen hul wil en dat vroue dikwels dwelms gevoer is.

Volgens Mulamu het die polisielede die vrou verkrag, terwyl hulle geweet het dat die slagoffer se ma haar by die polisie as vermis aangemeld het.

Sy sê: “Daar word beweer dat die verdagtes (die polisiemanne) tussen Januarie en November 2020 ’n onwettige bordeel in Vereeniging besoek het. Een van die slagoffers is as vermis aangemeld en is by die bordeel aangehou en seksueel misbruik.”

“Die mans het die slagoffer verskeie kere verkrag en geld aan die eienaar van die bordeel betaal.”

Daar word ook beweer dat slagoffers by hierdie bordeel teen hul wil aangehou is en dat hulle dikwels dwelms gevoer is.

Volgens Mulamu is het dit by verdere ondersoek aan die lig gekom dat nadat die vrou uit die bordeel ontsnap het en die saak by die polisie aangemeld het sy blykbaar deur een van die verdagtes gedwing is om ‘n saak van verkragting teen ‘n familielid aanhangig te maak, skynbaar om die aandag van ernstige misdrywe by hierdie bordeel af te lei.

Die polisiebeamptes bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning op Dinsdag 18 Mei. Hulle sal saam met hul medebeskuldigdes, dr. Magnus Adelani Osinowo (31) and Ikwechukwu Onozowa, verskyn sodat ’n datum uitgereik kan word vir hul borgaansoek.

Die staat is van plan om borgtog teen te staan.

Brigadier en kaptein van Vereeniging vas oor verkragting, mensehandel

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button