News

Kubaanse ingenieurs: Solidariteit gaan voort met regsaksie

Kubaanse ingenieurs: Solidariteit gaan voort met regsaksie

 

Solidariteit het vandag aangekondig dat hy voortgaan met regsaksie nadat die Departement van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie versuim het om hul voorneme na te kom om ʼn alternatiewe voorstel in verband met die invoer van Kubaanse ingenieurs voor te lê.

 

“Hulle het ons eenvoudig met geen ander opsie gelaat as om met ons regsaksie voort te gaan nie. Nadat ons in goeder trou, op hulle versoek, vir hulle die vergunning toegestaan het om vir ons ʼn alternatief voor te lê, het hulle gewoon niks gedoen om hierdie plig na te kom nie,” verduidelik dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. “Ons hofstukke word dus eersdaags beteken en ons staan gereed om die saak in die hof verder te dryf. Daar is geen regverdiging daarvoor om Kubane in te voer – en dit boonop vanaf ʼn land met ʼn powere water-infrastruktuur – terwyl daar Suid-Afrikaanse vaardighede beskikbaar is nie. Die kern van die probleem is ʼn totale disrespek vir vaardighede en die private sektor in Suid-Afrika,” sluit Hermann af.

 
 
https://vaalweekblad.com/94445/kubaanse-ingenieurs-solidariteit-gaan-voort-met-regsaksie/

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button