NewsNews

Burgemeester bedank na hy met sy rug teen die muur is

Burgemeester bedank na hy met sy rug teen die muur is

Die burgemeester van JB Marks, Kgotso Khumalo, het gister (Woensdag, 12 Mei), uiteindelik sy amptelike bedanking bekend gemaak nadat die ANC se interim komitee in die Noordwes hom voor stok gebring het.

Die burgemeester van JB Marks, Kgotso Khumalo, het Woensdag, 12 Mei, uiteindelik sy amptelike bedanking bekend gemaak nadat die ANC se interim komitee in die Noordwes hom voor stok gebring het.

Die DA het hom daarvan beskuldig dat hy  kat-en-muis-speletjies speel nadat hy Maandag in ‘n amptelike brief wat hy onderteken het Leon Mkhabela as sy plaasvervanger aangewys het. Tot Woensdag het hy probeer ontken dat hy opsy staan. Sy woordvoerder, Mandla Tawana, het vroeër in April bevestig dat Khumalo slegs verlof neem en nie opsy staan nie.

Die ANC-resolusie dat ANC-partylede wat krimineel aangekla word, opsy moet staan, word nou streng toegepas nadat die sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, onlangs geskors is. Maar net soos Magashule, wou Khumalo nie so maklik die leisels  oorgee nie.

Chris Hattingh, DA raadslid in die JB Marks munisipaliteit, sê Khumalo daag selfs op vir raadsvergaderings, nieteenstaande die feit dat hy met verlof is. Hattingh sê Khumalo wou met sy speletjies beide kante van die ANC se faksies tevrede hou. “Aan die een kant word daar gesê dat hy opsy staan en ontken hy nie die berigte daaroor nie. So word die ANC se provinsiale interim komitee (IPC) en pres. Cyril Ramaphosa tevrede gehou. Maar aan die ander kant ontken Tawana dat Khumalo opsy staan. So het hy beheer oor die munisipaliteit gehou en het sy wanadministrasie voortgegaan,” sê Hattingh.

Volgens hom moet die stadsraad die uitvoerende burgemeester kies en het Khumalo geen wetlike bevoegdheid gehad om dit te doen nie.

Hlomani Chauke, voorsitter van die ANC se Noordwes interim komitee het teenoor News24 erken dat hy onlangs wel ‘n bedankingsbrief aan Khumalo oorhandig het, maar dat Khumalo dit nie onderteken het nie.  Toe hy (Chauke) Khumalo Dinsdag daaroor uitvra, het Khumalo bevestig dat hy dit wel geteken het. Die ANC se Noordwes interim komitee het Dinsdag ‘n dringende vergadering gehou om Khumalo se optrede te bespreek.

News24 het verder berig dat die IPC Dinsdag by Khumalo wou weet wie hom die reg gegee het om ‘n waarnemende burgemeester aan te stel, waarna Khumalo ontken het dat hy dit gedoen het en gesê het dat hy ‘n verslag aan die komitee sal voorlê. “Ek wag op sy verslag,” het Chauke vroeër die week  gesê.

Die Noordwes ANC leierskap het Dinsdag aan News24 gesê dat hulle Khumalo se optrede as ‘n ‘speletjie’ beskou: “Hy (Khumalo) verstaan baie goed. Ek dink selfs Maandag in die verklaring van die NUK, verstaan almal teen die tyd baie goed wat hulle posisies is. So ons versoek antwoorde. Dit wat gebeur het, dra nie die goedkeuring van die ANC weg nie,” het Chauke gesê.

Dit is hierna dat Khumalo sy bedanking, op Woensdag 12 Mei, bekend gemaak het. Die DA het gister in ‘n verklaring gesê dat hulle Khumalo se bedanking verwelkom. “Khumalo se weerstand sedert hy in Oktober 2020 in hegtenis geneem is, het uiteindelik onder openbare en politieke druk verkrummel”, het Hattingh gesê. Hy het verder sy kommer uitgespreek dat Khumalo nie as raadslid bedank het nie en dat hy steeds sal voortgaan om sy mag te misbruik deur druk op sy ontplooide kaders in die munisipaliteit te plaas.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button