Danksy die harde werk van vrywilligers uit die gemeenskap wat die moue opgerol het om self met die projek Parys#Selfdoen die dorp se ou begraafplaas skoon te maak, is dié begraafplaas uiteindelik ná jare weer netjies en toeganklik vir mense wie se geliefdes hier begrawe is.
Die afgelope naweek was reeds die tweede week wat daar in die begraafplaas skoongemaak is.
Sowat 10 mense het kom hand bysit, waarvan vier helpers deur mense betaal of geborg is om Saterdag te kon help.
Spesiale dank aan Coastal Hire wat twee bossiekappers vir die dag geborg het.
Die eerste blok is nou so te sê skoon, en sal daar Saterdag, 22 Mei, na die volgende blok beweeg word om ook daar skoon te maak.
Hierdie naweek sal AfriForum weer help met die herstel van slaggate in die dorp en om verbleikte en afwesige stoptekens te vervang.
As jy graag by hierdie organisasies se projekte betrokke wil raak om ook so ‘n verskil in die gemeenskap te maak, skakel Fanie Kruger by 072 989 0901.