NewsNews

Emfuleni-waterkrisis: AfriForum draai die krane oop!

Emfuleni-waterkrisis: AfriForum draai die krane oop!

 

 

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n ooreenkoms met Rand Water bereik oor die waterkrisis wat oor die afgelope maande in Emfuleni en Victor Khanye heers. Dié gemeenskappe ervaar sedert Februarie vanjaar ernstige waterprobleme.

 

Rand Water het vroeër ’n verlaging in die waterdruk ingestel as ’n kredietbeheermaatreël weens wanbetaling deur die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit. Dié munisipaliteit skuld Rand Water reeds meer as R1 miljard, maar het al telkemale betalingsooreenkomste met Rand Water verontagsaam. Op 15 April 2021 het AfriForum hofstukke teen Rand Water ingedien in ’n poging om dié entiteit te dwing om voldoende watertoevoer na die betrokke gemeenskappe te herstel. Die organisasie het onder meer in sy hofstukke versoek dat Rand Water gedwing word om watertoevoer na die gemeenskappe onmiddellik te herstel en dat dié entiteit verhoed word om waterdruk in die toekoms as kredietbeheermaatreël te verlaag.

 

Rand Water het versoek dat ’n ooreenkoms oor die kwessie buite die hof bereik word. Die ooreenkoms behels onder meer dat AfriForum sy hofsaak terugtrek op voorwaarde dat Rand Water onderneem om die waterdruk te herstel en nie weer in die toekoms die waterdruk te verlaag nie. Dié ooreenkoms is deur die hof bekragtig. Die waterdruk is luidens berigte reeds in groot dele van Emfuleni herstel.  

 
 
https://vaalweekblad.com/94213/emfuleni-waterkrisis-afriforum-draai-die-krane-oop/
 
 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button