NewsNews

Na ‘n jaar van stilte hervat V’ging Kunsfees weer in al sy glorie

Na ‘n jaar van stilte hervat V’ging Kunsfees weer in al sy glorie

Gewilde kunstefees hervat weer nadat dit in 2020 weens Covid-19 afgestel moes word

VEREENIGING. – Goeie nuus vir alle kunsfeesliefhebbers is dat die gewilde Vereeniging Kunsfees in 2021 sal voortgaan nadat dit verlede jaar weens die inperking gekanselleer moes word.

Dié aankondiging is verlede week deur mnr. Imker Hoogenhout, voorsitter van die Vereeniging Kunsfees, gemaak.Hy sê daar sal as gevolg van die enkele Covid-regulasies wat nog geld, noodwendig sekere aanpassings wees. Die inskrywingsgelde vir 2021, behalwe vir virtuele items, bly onveranderd, en is soos dit sou wees vir 2020. Sommige datums, prosedures, en ander inskrywingsgelde vir 2021 moet nog gefinaliseer word, maar verskeie aspekte van die Kunsfees is reeds vasgemaak.

Deelnemers kan vanjaar vanaf 28 Junie tot 6 Julie in die volgende afdelings inskryf: Musiek, Beeldende Kunste, en Drama (Afrikaans en Engels).Musiek-Afdeling:Deelname vind plaas in die teater van Hoërskool Drie Riviere. Covid-voorskrifte sal geld soos deur die skool bepaal. Daar mag ‘n maksimum van 100 persone in die teater wees, wat na verwagting geen beperking op toeskouers en deelnemers sal plaas nie.Daar sal vanjaar geen kore, klavier-duette of -trio’s wees nie. Ensembles sal toegelaat word, maar binne die riglyne.

Die beoordelingsdatum is soos volg:

Vokaal: Maandag 2 Augustus.Klavier: Dinsdag 3 Augustus tot Woensdag 4 Augustus.

Instrumentaal: Donderdag 5 Augustus tot Saterdag 7 Augustus. Die finale datums sal bepaal word deur die aantal inskrywings.

Beeldende Kunste: Kunsstukke word ingehandig vanaf 26 tot 30 Julie tussen 14:00 en 18:00 by Tramonto-woonstelle 4, Athlonerylaan, Drie Riviere, Vereeniging (druk die knoppie 4# by die hek).

Drama: Beoordeling: 10 Augustus tot 28 Augustus 2021.

As gevolg van beperkte ruimte sal die Drama-afdeling van die Kunsfees vanjaar slegs in die teater van Hoërskool Drie Riviere plaasvind omdat die saal tans as klaskamerruimte gebruik word.

Om die vervoer van leerlinge gedurende die huidige Covid-tye so laag as moontlik te hou, sal leerlinge van dieselfde skool sover moontlik gelyktydig geskeduleer word, en dan Afrikaans en Engels dieselfde middag.

Eenbedrywe sal soos in die verlede beoordeel word, naamlik by die perseel van die skool of geaffilieerde. Dit is die verantwoordelikheid van die aanbieder om te sorg dat die Covid-reëls wat geld vir die lokaal waar die opvoering gaan plaasvind, nagekom word.

Virtueel:

Geaffilieerdes sal vanjaar ook die opsie hê om virtueel in te skryf. In hierdie geval word ‘n item vooraf opgeneem met ‘n selfoon, en die video word dan op ‘n webwerf gelaai. Hierdie is tans nog in die ondersoek-fase. Verdere inligting, insluitende die inskrywingsfooie, sal later beskikbaar wees.

Die item-sillabus (die nuwe “Bruin Boekie”) en betaalbare fooie is beskikbaar op die Vereeniging Kunsfees webblad by www.vereenigingartsfestival.co.za. Neem asseblief kennis dat die itemnommers in die nuwe sillabus verskil van díé in die ou “Bruin Boekie”.

Affiliasiefooie wat reeds vir 2020 vir betaal was, sal oorgedra word na 2021. Inskrywingsvorms sal vanaf 1 Junie 2021 op die webwerf beskikbaar wees.

“Ten slotte wens ons alle leerkragte wat die verlore tyd van 2020 moet inhaal, alle sterkte toe. Ons sien uit daarna om u te verwelkom by die Vereeniging Kunsfees 2021,” sê mnr. Hoogenhout.

 

Dawian van der Westhuizen, een van die uitblinkers by die Vereeniging Kunsfees in 2019, saam met een van die beoordelaars, me. Ronél Korb.

Na ‘n jaar van stilte hervat V’ging Kunsfees weer in al sy glorie

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button