NewsNews

Jy sal Hubble kan sien

Astronomie-aanbieding by Deelfontein

 

 

Komende Saterdagaand, 15 Mei om 18:00 word die eerste sterrekykgeleentheid van die seisoen by Deelfontein se sterrewag aangebied. Frik le Roux van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika, wat die uitstappie lei, begin met ´n aanbieding in die seminaarkamer, waarin hy die grondliggende sterrekundige beginsels sal verduidelik en agtergrond tot die aand se waarnemings sal gee. Die sekelmaan sal nog vroegaand sigbaar wees en is altyd ´n dankbare objek om deur ´n teleskoop te bekyk. Van die planete is slegs Mars tans sigbaar, maar die Hubble-ruimteteleskoop sal verskyn, en verskeie interessante diepruimteobjekte soos die gasnewel in Orion kan gesien word.

Die uitstappie kos R100 per persoon. Bring asseblief warm klere, musse en skoene saam om die koue te trotseer. `n Verkyker is altyd ´n goeie optiese instrument om byderhand te hê, asook ´n flitslig met rooi lig om die oogsensitiwiteit nie te belemmer nie. Padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za. Meld asseblief per epos aan by gerhard@deelfontein.co.za of per sms by 083 280 9784 as jy die aand wil bywoon  

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button