News

Vermiste vrou dood by Villiers gevind

Vermiste vrou dood by Villiers gevind

Sy het ‘n Uber-taxi van die lughawe af geneem en spoorloos verdwyn. ‘n Paar dae later is dele van haar liggaam naby Villiers in die Vrystaat gevind.

 

VILLIERS. – Die soektog na die vermiste vrou van Brakpan wat op 26 April spoorloos verdwyn het nadat sy  ‘n Uber-taxi van die O.R Tambo-lughawe geneem het, het tragies geëindig toe dele van haar ontbindende lyk Dinsdag in die omgewing van die Vaal-vakansieoord by Villiers ontdek is. Volgens Motantsi Makhele, ’n polisiewoordvoerder in die Vrystaat, het die polisie Yolandi Botes (35) positief uitgeken aan ’n unieke tatoeëermerk op haar lyf.

 
Yolandi Botes (35) is gevind. Foto: Verskaf

Die lyk is gevind toe die polisiewoordvoerder se pa en seun by die oord visgevang het en die seun die liggaamsdeel in die water sien dryf het. Botes se familie sou gister na Villiers gaan om haar uit te ken.

 

Die familie kon nie vir kommentaar bereik word nie. Mense met inligting kan die ondersoekbeamte ao. Theuns Fourie by 082 3511 622 bel.

 
https://vaalweekblad.com/93851/vermiste-vrou-dood-by-villiers-gevind/

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button