News

Gesondheidsdepartement waarsku oor skerp styging in Covid-19-gevalle in Sedibeng

Gesondheidsdepartement waarsku oor skerp styging in Covid-19-gevalle in Sedibeng

 

Die Gautengse Gesondheidsdepartement waarsku oor ’n skerp toename in nuwe COVID-19-gevalle in die provinsie en veral in die Sedibeng-gebied.

Volgens die departement was daar  ’n toename in nuwe gevalle in Emfuleni, Tshwane 3 en Johannesburg D.

 
 

Die gesondheidsdepartement het ’n beroep op mense in die provinsie gedoen om hul deel te doen om die verspreiding van die virus te keer. Dit beteken dat mense sosiale afstand moet hou, maskers moet dra wat die mond en neus bedek en gereeld hul hande te was. Mense wat vroeë simptome toon word aangeraai om gesondheidsorg te soek. Algemene simptome is ‘n droeë hoes, koors, seer keel, loopneus, ‘n verlies van reuk en smaak, diarree of kortheid van asem.

 

https://vaalweekblad.com/93521/gesondheidsdepartement-waarsku-oor-skerp-styging-in-covid-19-gevalle-in-sedibeng/  

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button