Dit is pas bekend gemaak dat ‘n helikoptervlieënier en ‘n passasier noodlottig beseer is in ‘n helikopterongeluk omstreeks 08:46 vanoggend (Maandag 3 Mei).
Die helikopter het in die Umgeni rivier langs die N2 in Springfield, Durban, neergestort.
Netcare 911 is na die toneel tesame met ander noodreddingsdienste. Met nooddienste se aankoms op die toneel is die helikopter in die rivier tussen digte riete gekry. Beide die insittendes is op die toneel dood verklaar.