NewsNews

Vaksinering vir gesondheidswerkers: Daar is nog kans vandag

Vaksinering vir gesondheidswerkers: Daar is nog kans vandag

   

As jy ‘n gesondheidswerker in die private of openbare sektor is, of selfs in die kantoor of praktyk van gesondheidswerkers werksaam is, het jy vandaf, Vrydag 30 April, nog geleentheid om gebruik te maak van die laaste geleentheid vir Covid-19 vaksinering vir gesondheidswerkers. Die vaksinering van gesondheidswerkers in Parys, Vredefort, Koppies en Viljoenskroon word by die Parys-hospitaal gedoen. Dit is gratis en as jy nie vooraf kan registreer nie, is daar beamptes wat jou help met die registrasieproses. Of jy nou in ‘n tehuis vir bejaardes werk, ‘n versorger, ‘n dokter, verpleegster, fisioterapeut, apteker, tandarts, tandartsassistent, oogkundige, ambulanspersoneel, biokinetikus, of selfs ontvangs, administratiewe of skoonmaakpersoneel in enige gesondheidspraktyk, apteek, of versorgingskliniek of ouetehuis  is – jy kan gebruik maak van hierdie geleentheid. Jy kan ook vooraf registreer by https:/vaccin.enroll.health.gov.za en kies dan Parys Hospitaal, asook by Sisonke Vaccine Programme by https://sisonke.samrc.ac.za/ Maar onthou – as jy onseker is oor hoe om te registreer of nie toegang het tot ‘n rekenaar of selfoon om die registrasie te doen nie, kan jy by die hospitaal se vaksineringstasie gehelp word. By die stasie sal seker gemaak word jou registrasie is reg, dat jy gesond is en wel gevaksineer kan word. Na vaksinering is daar ‘n 15 minute wagtydperk waartydens verpleegpersoneel jou weer sal kontroleer. Onthou dat hoewel vaksinering nie kan verhoed dat jy Covid-19 kry nie, dit wel beskerming bied.

Wanneer moet jy wag voor vaksinering?

  • As jy onlangs met Covid-19 gediagnoseer is – wag 90 dae
  • As jy ‘n griepinspuiting onlangs gehad het – wag 14 dae
  • As jy Hepatitus B immunisering onlangs gekry het – wag 14 dae.
  • As jy swanger is – raadpleeg eers jou geneesheer.

Voorlopig word inenting net aan volwassenes bo 18 jaar gegee.

Wat jy moet weet oor die Johnson & Johnson Covid-19 vaksine:

Dit is ‘n enkeldosis vaksinering anders as ander vaksines soos Pfizer en Moderna. Dit is ‘n virale vektor entstof wat ‘n ander, skadelose virus as sneller gebruik om die liggaam se immuunreaksie te verskerp sodat teenliggame teen die SARS-CoV-2 virus opgebou word. Die vaksine bevat nie die SARS-CoV-2 virus nie and sal nie Covid-19 veroorsaak nie. Moontlike newe-effekte van die vaksine wat jy kan ervaar is kopseer, koors, moegheid, spierpyne, naarheid en pyn, geiiriteerdheid of swelling van die area waar jy die inenting ontvang het, vir ‘n maksimum van 3 dae. Onthou dat die voordele van die vaksine by verre risiko’s uitbalanseer as dit opgeweeg moet word teen die komplikasies wat jy moontlik as gevolg van Covid-19 mag ervaar. Woensdag is  120 gesondheidswerkers by Parys-hospitaal ge-ent en was mense positief dat hulle graag beskerming wil hê teen Covid-19.  

MJ Tsotetsi ontvang sy vaksinering. By hom is sister Leboang Motaung.

Die vaksineringstasie by Parys-hospitaal verdien ‘n pluimpie vir die netheid, organisasie en vriendelikheid van personeel. Hier ontvang apteker Lisl Rourke haar vaksinering by suster Paulinah Letsela, terwyl suster Fantisi (links) met haar gesels oor die vaksinering.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button