NewsNews

Buite ogies nou diewe se teiken

Buite ogies nou diewe se teiken

 

 

 

Verskeie inwoners het Sondagaand deurgeloop in ‘n vlaag van diefstal van alarmstelsels se buite ogies wat uit erwe gesteel is.

Een sekuriteitsmaatskappy in die dorp het 25 kliënte gehad wat deurgeloop het. Die gesamentlike totale skade van hierdie kliënte beloop in die omgewing van R75 000 om die ogies te vervang.

Ander sekuriteitsmaatskappye sê dat hulle ook voorvalle Sondagaand gehad het.

Dit blyk dat die sindikate wat hiervoor verantwoordelik is, eers in Johannesburg en Vanderbijlpark bedrywig was, sê die sekuriteitsmaatskappye.

Die diewe het die buite ogies baie versigtig verwyder, waarskynlik omdat dit teen helfte van die werklike prys herverkoop word deur die diewe.

Die beste raad is om by jou sekuriteitsmaatskappy wat jou alarm monitor navraag te doen oor opsies wat tans op die mark is om hierdie ogies te beveilig (anti theft bracket).

 

 

 

Related Articles

Back to top button