News

Gemeenskap begin om self begraafplaas skoon te maak

Borg 'n tuinhulp of kom help - elke paar hande is nodig

     

 

Nagenoeg 30 Parysenaars het vanoggend begin om self die ou begraafplaas langs Parys se hoofstraat skoon te maak. ‘n Begraafplaas wat vir lank skandelik verwaarloos is met die gras wat so lank staan dat grafte skaars sigbaar is tussen die gras, grafstene wat gebreek is en selfs grafte wat beskadig is. Maar vanoggend is die reuse taak aangepak om weer die begraafplaas te begin regruk sodat mense weer by hul geliefdes se grafte kan kom.  

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wil jy nie ook kom help nie. Daar sal tot ongeveer 14:00 vanmiddag skoongemaak word. As jy ‘n petrol randsnyer het, of ‘n tuinhulp of selfs ‘n tuinhulp wil borg, of self wil kom help – elke paar gewillige hande is nodig. Daar is alreeds vanoggend ‘n groot verskil gemaak. Die aksie is die inisiatief van Parys@Selfdoen. As jy nie vandag kan help nie, skakel Fanie Kruger by 072 989 0901 om te hoor hoe jy met ‘n volgende projek kan help.  

 

Related Articles

Back to top button