NewsNews

Padveiligheid tydens oestyd

Padveiligheid tydens oestyd

 

Vir graanboere in die noorde is herfs een van die besigste tye van die jaar, wanneer daar 24-uur gewerk word om oeste in te vorder en te vervoer. Motoriste in landelike gebiede en klein dorpies kan verwag om juis dan groot plaaswerktuie op die paaie teë te kom. Wees daarom baie versigtig as jy van hierdie oesimplemente op die pad teëkom.

Masjienerie wat gewasse vervoer, beweeg gewoonlik teen baie lae snelhede, en motoriste moet oppas wanneer hul plaasimplemente wat stadig beweeg, nader. Motoriste moet gedurende die oesseisoen waaksaam bly, altyd bereid wees om spoed te verlaag, of onmiddellik te kan stop as hulle stadig-bewegende masjinerie in boerderygebiede teëkom. Motoriste word verder aangemoedig om geduldig te wees en ‘n veilige volgafstand te handhaaf en nie te probeer om plaasmasjinerie verby te steek nie, tensy dit beide veilig en wettig is om dit te doen.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button