News

BOER SOEK ’N VROU SOEK BOERE VIR 2022!

BOER SOEK ’N VROU SOEK BOERE VIR 2022!

 

Suid-Afrikaanse boere wat na liefde soek kan nou vir die 14de reeks van Boer Soek ’n Vrou
inskryf.
Dié werklikheidsreeks het immers al sedert 2007 vir talle Suid-Afrikaanse boere liefde
gevind.

En die afgelope seisoen was geen uitsondering nie  met 4 uit die top-5 boere wat liefde deur die reeks gevind het.

 

En, nou soek kykNET 2022 se oes van boere of plaasbestuurders, manlik of vroulik, wat
deel wil wees van die 14de seisoen.

Boere kan op die volgende maniere inskryf:
• Besoek www.kyknet.tv waar jy óf aanlyn kan inskryf óf ’n inskryfvorm kan aflaai;
• Bel Marche Media by 079 335 5137;
• Stuur ’n e-pos na boer@marche.media (let wel .media en nie .com / .co.za nie)
Belangrike inligting:
• Foto’s en afskrifte van identiteitsdokumente moet inskrywings vergesel.
• Diegene wat wil deelneem moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees.
• Inskrywings moet die vervaardigers voor middernag op 13 Mei 2021 bereik.
• Hou kykNET se sosiale media of die media dop vir die aankonding oor 2022 se toptien boere. Moontlike pasmaats sal dan hul beurt kry om vir dié boere briewe te
skryf.
• Die 14de reeks sal van Januarie 2022 op kykNET uitgesaai word.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button