NewsNews

Stem gou – tyd raak min!!!

Parys het jou stem nodig

Parys het NOU JOU stem nodig

Parys is vanjaar onder die top 3 Vrystaatse dorpe wat meeding vir die kies van ‘n Vrystaatse finalis in vanjaar se Kwêla Dorp van die Jaar kompetisie. SMS sommer nou die woord PARYS na 33157.

 

SMS sommer nou die woord PARYS na 33157.

Daar is min dorpe wat so onder jou vel kom lê soos Parys – die Vrystaatse afdruk van sy Franse naamgenoot wat geensins afsteek as dit kom by die romantiek en unieke karakter van die dorp nie.

Sommer so met die inry in die dorp as jy op ’n Saterdag die talle motorfietse in die hoofstraat sien – of die vele voete met rugsak en tekkies wat die strate invaar om egte plattelandse hartlikheid te ervaar, verstaan jy hoekom stedelinge hier hart verloor.

En nou het dié dorp jou stem nodig!

Parys is vanjaar onder die top 3 Vrystaatse dorpe wat sal meeding in die kies vir ‘n Vrystaatse finalis vir vanjaar se Kwêla  Dorp van die Jaar kompetisie.

In 2018 was Parys die Vrystaatse finalis, en word daar weer vanjaar op Jan en San Publiek se stemme staatgemaak om die wendorp aan te wys. Daar is reeds vanaand, Sondagaand, 18 April, op Kwêla gespog met vanjaar se semi-finaliste en kan jy nou tot en met Vrydag 23 April om 12:00 die middag stem vir jou gunsteling dorp. Slegs 30 sms’e per nommer word in hierdie rondte toegelaat en getel en SMS’e kos steeds R1.50 per SMS. SMS sommer nou die woord PARYS na 33157. Vra jou vriende, jou familie, sommer almal wat jy ken om te stem vir jou dorp.

 

Hoekom stem vir Parys?

Dit is die dorp se kunskarakter, sy oudhede skatte, winkeltjies soos krale ingeryg langs die hoofstraat, en prag natuurskoon langs die Vaalrivieroewer, waarmee die dorp sy besoekers met ope arms omhels. Dis die glimlagte van sy mense, al geselsend op sypaadjies en die rustigheid van ’n volmaak geskepte natuur wat jou die Vredefort Koepel se natuurwonders te voet wil laat verken. Jou huisbier wil laat proe by ’n tuisbrouery, jou die Vaal se witwater wil laat roei, en op ’n kabellyn oor Koepel-natuurskoon wil laat gly. Dis hier waar jy wil lyn natmaak, en gaan lafenis soek by een van die dorp se unieke restaurante. Ja, elke dorp het sy skaafplekke – té min water, té veel gate, ontoereikende munisipale dienste en wat meer – maar by dit als het Parys karakter en die mooi wat mense raaksien wanneer hulle naweek vir naweek na die Vrystaatse “Paris”stroom. Dis hierdie mooi wat raakgesien is toe daar gestem is vir Parys as een van die semi-finaliste in vanjaar se Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie

 Vorige wendorpe:

Middelburg – 2015, Hentiesbaai – 2016, Mosselbaai – 2017, Jeffreysbaai – 2018, Swakopmund – 2019, Kareedouw – 2020

En nou het Parys JOU stem nodig!

Related Articles

Back to top button