NewsNews

DBV in groot nood ná inbraak

Inbrekers verwoes en vernietig

 

 

 

’n Inbraak by die plaaslike DBV kantoor het dié organisasie wat reeds ‘n stryd voer om geldelik te kan oorleef, letterlik lam gelê.
Die inbrekers het verlede Donderdag in die vroeë oggendure vanaf die munisipale perseel aangrensend tot die DBV-perseel gekom, ‘n gat in die draad gesny en toe oor die muur geklim. Ruite is gebreek en diefwering gebuig en is daar toe beweeg tot by die sekuriteitskamera se elektriese koord wat eenvoudig uitgetrek is.
Daar is nie ‘n ding wat nie gebreek, beskadig of weggedra is nie. Van die diere se medisyne tot die skoonmaakmiddels, die koffie, suiker en tee. Die rekenaar, gereedskap, die helfte van die blikkies kos wat net ‘n paar dae tevore deur leerders van die St John’s College aan die DBV geskenk is. Die kluis is beskadig en die geld gevat.
‘n Enorme verlies en skade wat eenvoudig nie vervang en herstel kan word met die DBV wat naas die oop harte van mense, geen ander geldelike ondersteuning kry nie. As jy kan help met enige skoonmaakmiddels, gereedskap, blikkies kos vir die diere, verlengingskoorde, omheiningsdraad, hulp met die sekuriteitstelsel, geldelike bydraes – enigiets om die DBV te help, skakel asseblief baie dringend die DBV se noodnommer by 072 894 4061 of Diane Snyman by 079 782 1645.
Help asseblief om die werk wat hierdie organisasie in jou gemeenskap doen, te kan voortsit.

 

 

 

Related Articles

Back to top button