NewsNews

Atlete met vellies Tokyo toe

Atlete met vellies Tokyo toe

Atlete wat hierdie jaar aan die Olimpiese Spele in Tokyo delneem gaan vellies dra wanneer hulle nie op die atletiekbaan of veld deelneem nie.

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Sascoc) het vroeër aangekondig dat die maatskappy Veldskoen as ‘n amptelik skoenborg van die Suid-Afrikaanse olimpiese span wat hierdie jaar aan die Olimpiese Spele in Tokio gaan deelneem gekies is.

Volgens die maatskappy se mede-stigter en uitvoerende hoof, Nick Dreyer, het die maatskappy begin toe die stigters tydens die Olimpiese Spele in Rio in 2016 ’n gesprek gehad het oor die klere wat deur Suid-Afrikaanse atlete gedra is tydens die openingseremonie.

Die stigters was nie beïndruk met die atlete se kleredrag nie en het hulself afgevra hoe die atlete sou gelyk het as hulle beter gekleë was.

Dit is toe waar die idee opgekom het van ‘n paar tradisionele Vellies, met die kleure van Suid-Afrikaanse sport – groen en goud.

Die olimpiese spele vind tussen 23 Julie en 8 Augustus vanjaar plaas.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button