NewsNews

AfriForum dien hofstukke in teen Rand Water oor lae waterdruk

Lees hier!

Vanderbijlpark – Die burgerregteorganisasie AfriForum het Donderdag hofstukke teen Rand Water ingedien in ’n poging om dié entiteit te dwing om voldoende watertoevoer na gemeenskappe in Emfuleni te herstel.

Gemeenskappe in Emfuleni ervaar sedert Februarie vanjaar ernstige waterprobleme weens ’n verlaging in die waterdruk. Rand Water het dié verlaging in die waterdruk ingestel as ’n kredietbeheermaatreël weens wanbetaling deur die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit. Dié munisipaliteit het al telkemale betalingsooreenkomste met Rand Water verontagsaam en skuld Rand Water reeds meer as R1 miljard.

 

Die plaaslike munisipaliteit het luidens berigte die huidige rekening teen einde Maartmaand betaal, maar Rand Water het nie die waterdruk herstel nie. Huishoudings sukkel om basiese huishoudelike take te verrig weens die tekort aan water. Sommige gebiede in Vanderbijlpark het tans geen water nie en die gemeenskap is afhanklik van watertenks waarmee water aangery word. Die verlaagde waterdruk het ook ’n impak op plaaslike ondernemings in dié dorp.

 

AfriForum het dus besluit om in te gryp en vra in sy hofstukke dat Rand Water gedwing word om onmiddellik watertoevoer na Emfuleni te herstel. Die organisasie vra ook dat Rand Water verhoed word om in die toekoms waterdruk te verlaag as kredietbeheermaatreël.

Volgens Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand, skend Rand Water die gemeenskap van Emfuleni se basiese mensereg tot toegang tot water. “Dit is belangrik dat ons die gemeenskap ondersteun totdat die waterdruk herstel word. Die gemeenskap het genoeg gehad van wanbestuur tot op die punt waar hul reg tot basiese dienslewering ontneem word.”

 

AfriForum dien hofstukke in teen Rand Water oor lae waterdruk

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button