NewsNews

Vuiste klap by Maccauvlei tydens skool-gholfdag

Vuiste klap by Maccauvlei tydens skool-gholfdag

 

Die veelbesproke bakleiery op die gholfbaan wat op video vasglê is en die hele land aan die gons het, het op Vrydag 9 April by die Maccauvlei-gholfklub, een van die oudste gholfklubs in die land, in Vereeniging gebeur.

 

VEREENIGING. – Twee plaaslike sakemanne het glo oor ‘n selfoon gestry voordat die vuiste by die negende putjie geklap het.

Die voorval het tydens ‘n gholfdag van die Laerskool Vryheidsmonument plaasgevind.

Die negende putjie by Maccauvlei, waar vuiste op 9 April geklap het tydens ‘n skool-gholfdag. Foto: Christiaan Cloete

 

 
‘n Vlagpaal is as wapen gebruik tydens die geveg.

Volgens Leon Kruger, die algemene bestuurder van die gholfklub, is dit die eerste keer in die vyftien jaar wat hy bestuurder by die gholfklub is wat so iets gebeur.

Die een bakleier gryp die ander een se hemp.

https://vaalweekblad.com/91689/vuiste-klap-by-maccauvlei-tydens-skool-gholfdag/

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button