NewsNews

Vandag 109 jaar gelede – Die Titanic sink

Vandag 109 jaar gelede – Die Titanic sink

 

 

Die Titanic het vandag 109 jaar gelede teënspoed opgetel. Het jy geweet daar was ook verskeie Suid-Afrikaners aan boord?

 

Die Titanic het nog altyd mense se verbeelding aangegryp. Vandag, 109 jaar later, word daar steeds baie gewonder oor die luukse skip en wat presies daardie nag alles skeefgeloop het. Henk Joubert, oud-Valie, het op sy facebook blad ‘n potloodskets geplaas wat hy self gedoen het. Sy inskrywing lui: “Vinnige potloodskets gemaak ter herdenking van die skeepsramp waarin meer as 1500 mense gesterf het.

 

Die tragedie het begin om 11h40 nm op 14 April en om 02h20 vm op 15 April 1912 het die RMS #Titanic vergaan. Van die passasiers was onder andere van Kaapstad, ‘n vioolspeler wat n talentkompetisie in Durban gewen het, ‘n handelreisiger van Johannesburg met sowat 12 diamante in sy sak, en moontlik ‘n wittebroodspaartjie wat deur twee verskillende reddingsbote opgepik is en vir drie weke lank nie geweet het van mekaar se oorlewing nie! Merkwaardige verhale in die artikel “Titanic and its SA connections”. Wanneer ons aan die tragedie dink, salueer ons diegene wat hulle eie lewens opgeoffer het, sodat ander kon lewe.”

 

Vir allerlei interessanthede oor die skip, die passasiers en navorsingsartikels, besoek gerus https://www.encyclopedia-titanica.org/.

Vandag 109 jaar gelede – Die Titanic sink

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button