NewsNews

Só ontbeen jy ’n hoender

Só ontbeen jy ’n hoender

 

Vroue van die plaaslike Vroue Landbou Unie (VLU) tak, het onlangs ’n baie leersame saamkuier gehad toe Erna Hattingh die vroue gewys het hoe om ’n hoender te ontbeen. Die tema van die oggend was Aktuele Sake. Ná die ontbening het Erna die vroue ook gewys hoe om die hoender te vul en gaar te maak, en is daar heerlik saam geëet. Wileria Roux het op haar beurt meer inligting gegee oor wat om te doen as jou geliefde te sterwe kom. Dankie aan ds. Sias wat die oggend geopen het. Die volgende saamkuier is op 4 Mei met die tema, “Vrou in haar eie omgewing.” Gaste is baie welkom. As jy meer oor die VLU te wete wil kom, skakel Bernadet van der Ende by 082 474 0304, of Annatjie Dreyer by 082 464 0204.    

Related Articles

Back to top button