NewsNews

‘Huis Lelieveld’ se ds. Drool sing van Elvis tot Gé

‘Huis Lelieveld’ se ds. Drool sing van Elvis tot Gé

   

Die bekende sanger, akteur en skrywer, Matt Stern, het die afgelope week ‘n draai by Najaarsrus gemaak. Met sy gemaklike en vriendelike verhoogpersoonlikheid het hy gou die gehoor se aandag gehad. Hy het liedjies, nie net van Elvis Presley se ruk-en-rol nie, maar ook van Jim Reeves, Gé Korsten en ander geliefde sangers gesing. Telkens wou die gehoor meer hoor.

Die gehoor het bestaan uit senior burgers van Najaarsrus, Goue Jare en ander aftreeoorde, en toe hulle hom eers herken het as “ ds. Dou Drool” van die onlangse televisiereeks, “Huis Lelieveld”, wou almal ‘n foto saam met hom hê.

Hy het die vertoning afgesluit met twee ernstige liedere, nl. One pair of hands, en ook die bekende en immergewilde Nessun dorma, ‘n aria uit die laaste bedryf van Puccini se opera Turandot.  

Related Articles

Back to top button