News

Merk waardevolle items, vra GPF

Merk waardevolle items, vra GPF

 

Die plaaslike Gemeenskaps Polisiëring Forum (GPF) het tydens sy maandvergadering op 24 Maart weer ‘n ernstige beroep op die publiek gedoen om besittings te merk. Gemerkte items kan makliker terugbesorg word aan die regmatige eienaar, sou dit gesteel word. Maak ‘n lys van die reeksnommers van jou waardevolle items. Dit is ook ‘n goeie idee om items van waarde só te merk dat dit maklik uitgeken kan word.

Met huisbrake wat skerp toegeneem het die afgelope maand, wil die GPF hande vat met besighede wat reeds kamerastelsels het in hul besighede, om ook kameras buite besighede aan te bring. Dit kan help om veral misdaad in die sentrale sakekern te help voorkom. Terugvoer is by die vergadering gegee oor gesamentlike patrollering wat op 4 Maart gedoen is, en witlig/bloulig patrollies wat op 11 en 18 Maart in die Parys-distrik gehou is. Daar is ook verlede week weer ‘n aktiewe misdaadvoorkoming bewusmakingsprojek in die dorp gehou waarby lede van die polisie en GPF lede betrokke was.

Parys GPF het nou verteenwoordiging op die GPF distriksraad waar Anne-marie du Toit, voorsitter van Parys GPF, voortaan ook as sekretaresse van die GPF distriksraad sal dien. Ander lede wat saam met haar in die distriksraad sal dien, sluit in kol. Mokhethie, kol. Sereeti, mnr. Mkhwanazi, mev. Malefo, mnr. Le Roux, mnr. Malindi, kol. Xhasa en konst. Nyredi. Die GPF en polisie is op 16 Maart deur Anne-marie du Toit, kol. De Vos (stasiebevelvoerder van Parys SAPD en a.o Jan Le Roux by ‘n vergadering van die Ngwathe Community Safety Forum verteenwoordig. Die forum kyk veral na veiligheid in gemeenskappe en snoer die onderskeie GPF’s binne die Ngwathe-grense saam as oorkoepelende liggaam wat op veiligheid fokus.    

Related Articles

Back to top button