News

Só help Parys se gemeenskap om gesinsgeweld- en ongelukslagoffers te help

Só help Parys se gemeenskap om gesinsgeweld- en ongelukslagoffers te help

 

 

Die gesegde lui: “Vele hande, ligte werk”. Dit is inderdaad hoe daar die afgelope weke as gemeenskap by die Parys GPF Safe House op die perseel van die Parys-polisiestasie saamgewerk is. Sedert Gazette oor die fasiliteit berig het, het mense eenvoudig hande gevat om ’n verskil te maak. Daar is gehelp om die fasiliteit wat byna geen meubels gehad het, en baie werk nodig gehad het, in te rig vir slagoffers van gesinsgeweld, mense wat in ‘n ongeluk sou wees en tydelik gehuisves moet word tot hulle by familie of naasbestaandes kan kom, of selfs kinders wat in ‘n plek van veiligheid geassesseer moet word. Ure se harde werk is ingesit om vloere en mure te was, die dak reg te maak, ligte vas te sit, meubels aan te ry, te voorsien vir speelgoed, klere, beddegoed en kombuisware, en is daar selfs gehelp om alles netjies reg te pak.  

 

       

 

Dankie aan die volgende persone en instansies wat ‘n groot verskil by die sentrum gemaak het: Eska de Bruin, We Care vrywilligers, Alta Magnus, Linda Minnaar, Jeanette Ströh, Erna Hattingh, Sonja Beyleveld, Casa Cara, Gerty Stevens, Charel Pretorius en Petrus Botha, Esther Viljoen, Andy en Marizan Leondios, Lizel du Toit, Izelle van Heerden, Ivan Kukard, Wynand en Dorette Nel, Emil Schutte, Chris Smith, Woodlands Country Lodge, La Grand Chateau, Roedu du Plessis, It’s Ink, Divas & Chivas, Martiens Erasmus, Bernadet v.d Ende en Parys Gazette. Elke bydrae word opreg deur Parys SAPD en Parys GPF waardeer wat gesamentlik vir die fasiliteit verantwoordelik sal wees. Die fasiliteit is reeds oop. Wat is nog nodig? * Radio wat met ‘n battery werk * Dun matrassie/s (daar is slaapsakke en ekstra beddegoed) * ‘n Klein yskas.

 

 

Related Articles

Back to top button