NewsNews

Bekende akteur kuier by Najaarsrus

Jy kan kom saamluister

 

 

Dalk onthou jy hom vir sy onlangse TV-rol as ds. Douw Droom in “Huis Lelieveld”. Of vir sy rolle in  onder meer “Vleisvreters”, “Hart van Staal”, “Begeertes”, “Isidingo”, “Generations” of “Binnelanders”.

Akteur Matt Stern se loopbaan het in 2002 ‘n hupstoot gekry toe hy die sluipjagter Kurt Conradie in die sepie 7de Laan vertolk het, en daarna is hy in verskeie ander rolle gesien. Van sy filmwerk sluit in “Racing Stripes”, “District 9” en Hond se Dinges en Stoute Boudjies. In sy nuutste fliek, “Bibliofiel” speel hy die rol van Freek van Zyl.

Maar min mense weet dat Matt Stern eintlik ‘n professionele sanger is. Hy is opgelei in musiekteater as tenoor. In November 2020 het hy sy vyfde album vrygestel getiteld, “My World”.  Die snit, “One Pair of Hands” is deur IFM aangewys as beste country gospel lied vir 2020.

Sy repertoir wissel van Elvis tot opera, en is hy naas akteur en sanger, ook bedrewe met oorklankingswerk, ‘n tweetalige en vaardige seremoniemeester en bied hy ook dramaklasse aan.

Hierdie Donderdag 8 April, kan hy gehoor word by die Najaarsrus Dienssentrum om 09:00 vir 09:30. Mense kan die vertoning gratis bywoon.

 

Related Articles

Back to top button