NewsNews

Eendjies, eendjies stap in ’n ry…

Eendjies, eendjies stap in ’n ry...

Parys DBV-personeel het die naweek tot die redding van dié ma-eend en haar kroos van sewe gekom wat onder ‘n leiwaterbruggie naby Choppies vasgesit het. ‘n Lid van die publiek het die DBV se hulp gevra nadat die eende opgemerk is, maar toe skielik onder die bruggie verdwyn het, en nie weer daarna gesien is nie. Met die leiwaterkanale en vore wat nie gereeld skoongemaak word nie, was die kommer dat hulle dalk iewers vassit. Ma en kroos is deur die DBV uitgehelp en het toe weer die pad gevat na waar hulle tuis is in die omgewing. Omdat daar in daardie stadium water in die voor was, bestaan die vermoede dat moeder eend die kleintjies in die water wou kry.    

 

Related Articles

Back to top button