NewsNews

Gewapende roof by winkelsentrum

Gewapende roof by winkelsentrum

  Die River Walk winkelsentrum in Potchefstroom het Maandagoggend 29 Maart omstreeks 09:00 deurgeloop onder gewapende rowers, berig Potchefstroom Herald. Volgens kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder van die Noordwes, het drie rowers die werkers van Pep Stores oorrompel en met selfone en kontant wat hulle van die winkel gesteel het, gevlug. Een van die rowers het ʼn vuurwapen gehad. Op daardie stadium was daar nog nie kliënte in die winkel nie.

ʼn Saak van besigheidsroof word ondersoek. Niemand is nog met die voorval in hegtenis geneem nie. Enige iemand wat meer inligting rondom die saak kan verskaf, kan die polisie by 10111 skakel.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button