NewsNews

Morsjorse sal vasgevat word!

Morsjorse sal vasgevat word!

Langs die Parys/Koppies-pad lyk dit nou soos ‘n stortingsterrein in wording. Al wat vullis en boumateriaal is word hier deur inwoners en verbygangers gestors. Vroeër het die toestand die Ngwathe munisipaliteit genoodsaak om hier borde op te sit wat die storting van vullis verbied, sê DA-raadslid Shirley Vermaak. Vir ‘n tyd lank het dit mense afgeskrik, totdat die borde voete gekry het en nou word daar weer oral langs die pad gestort.

Die groot sondebokke is ook sommige rommelverwyderaars wat hul kliënte onder die indruk bring dat die vullis en rommel wat hulle teen vergoeding wegry, na die amptelike munisipale stortingsterrein geneem word. Ongelukkig beland baie van die vullis dan hier langs die pad en sien nooit die stortingsterrein nie.

Maar sê Ngwathe, onwettige storting van vullis is ‘n oortreding en gaan die munisipaliteit beslis aksie neem teen oortreders.  

 

 

Related Articles

Back to top button