NewsNews

Spaar tog maar die krag…

Spaar tog maar die krag...

 

As jy gedink het Eskom se knaende waarskuwings om krag te bespaar is ‘n nuutjie, dan mag hierdie jou dalk verras. Die Parys Post het in Junie 1954 al wenke geplaas om krag te bespaar – glo dit of nie! Die berig het voorgestel dat mense hul waterverwarmingstoestelle gedurende spitsverbruiktye moet afskakel. Die rede hiervoor lees: “Hoewel dit jou dalk nie geld sal spaar nie, kan dit voorkom dat elektrisiteitsvoorsiening onderbreek word,” skryf die verslaggewer.

Mense word dan ook gevra om elektriese toestelle spaarsaam te gebruik, en om nie verwarmers, stowe of ligte wat nie gebruik word nie, aan te los nie. Nog ‘n wenk wat gegee is, is om nie stoofplate aan te skakel om eers warm te word voordat jy dit benodig nie, omdat baie hitte so verlore gaan. Om water te kook op ‘n stoof word dan afgeraai omdat dit té veel krag verbruik aldus die berig, en is die raad om nie skottelgoed onder ‘n lopende warmwater kraan te probeer was nie omdat dit té veel water mors.

Mense is afgeraai om baddens en wasbakke tot bo toe vol te tap – water was toe nog meer geredelik beskikbaar as die droë krane waarmee Parysenaars deesdae moet stoei. Ten slotte is die wenk om jou warm en koue water in die bad te meng tot die regte temperatuur terwyl jy die water intap, en om nie eers die warm water in te tap, en dan die koue water nie. Die rede wat gegee word, is dat jy dan té veel warm water sal gebruik en ook jou waterverwarmingstoestel langer gebruik.

* Met die beurtkragscenario soos wat verlede week weer toegepas is, het die Ngwathe munisipaliteit inwoners gevra om gedurende beurtkragtye hul waterverwarmingstoestelle af te skakel en sodra die krag aankom, 10 minute te wag voordat die toestel weer aangeskakel word. Dit verlig die las op die kragnetwerk wanneer kragverbruik drasties toeneem sodra kragtoevoer na beurtkrag herstel word.    

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button