News

Maak bymekaar vir Wêreld Herwinningsdag

Maak bymekaar vir Wêreld Herwinningsdag

 

 

Al wat plastiek, glas en bottelbydrae is, is verlede week deur leerders van Hoërskool Parys bymekaar gemaak vir Wêreld Herwinningsdag wat Donderdag, 18 Maart gevier is.

 

Hierdie is maar ‘n paar van die herwinningsbydraes wat verlede week deur leerders van Hoërskool Parys bymekaar gemaak is.

Dit was dan ook die skool se eerste Eko-skoleprojek vir die jaar. Eko-skole doen jaarliks vyf projekte.
Hoërskool Parys het as Eko-skool in 2019 platinumvlag-status bereik wat beteken het dat die skool sewe jaar lank suksesvol in “eko”-nomiese projekte soos bewaring, herwinning en omgee vir die gemeenskap, betrokke was.

Ongelukkig kon daar in 2020 geen projekte gedoen word nie, omdat Covid-19 protokol dit verhinder het.
Vanjaar sal daar egter weer aan die Eko-skoleprojekte deelgeneem word.
As die skool dit regkry om weer vyf projekte deur die jaar te kan afhandel, verdien die skool platinum 2 status.
Hoërskool Parys het ook reeds in 2018 internasionale vlagstatus behaal – ‘n prestasie waarmee baie min hoërskole in die land kan spog.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button