NewsNews

‘Koester mekaar,’ sê paartjie oor 50 jaar se saamwees

‘Koester mekaar,’ sê paartjie oor 50 jaar se saamwees

 

“Raak jou maat vinnig gewoond en aanvaar mekaar. Maar bowenal – pas mekaar op en koester mekaar.”
“Al kom daar baklei-dae in enige verhouding, is die kuns om gou weer goed te word, want met die jare verloor baklei sy ‘byt’, en maak liefde ruim plek vir waardering vir ‘n maat wat deur dik en dun by jou staan.”
Só gesels Deon en Lenie Janse van Rensburg oor 50 jaar se saamwees wat hulle Vrydag, 19 Maart, kon vier. Genade-jare wat hulle geseën het met die vreugde van vier seuns en vyf kleinkinders.
Die twee het mekaar destyds in Vereeniging ontmoet waar Deon as passer-masjienis gewerk het, en Lenie begin verpleeg het.
Hulle is in Vereeniging getroud en het later na Welkom verhuis.
Hulle is die afgelope agt maande Parysenaars en het hulle die voorreg om ook nou nader aan hul kinders te kan wees.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button