News

Uitstel vir jou agterstallige munisipale rekening – onthou daar is nog tyd

Uitstel vir agterstallige munisipale rekenings

 

 

Onthou die amnestieperiode vir inwoners met agterstallige munisipale rekenings is tot einde Junie vanjaar verleng. Gedurende amnestie word een helfte van ‘n dorpsverbruiker se agterstallige diensterekening op versoek afgeskryf, mits hy die ander helfte onmiddellik betaal. Hy moet ook dan sy maandelikse diensterekening nougeset en ten volle gedurende die daaropvolgende twaalf maande betaal.

Doen hy dit nie, verval die voorwaardelike afskrywing, en die agterstallige skuld is weer ten volle verskuldig. Iemand wat nie die helfte van sy skuld op een slag kan betaal nie, kan versoek dat die helfte van sy diensteskuld ouer as twee jaar, afgeskryf word. Hy moet dan ooreenkom om sy totale agterstallige diensteskuld (dit wil sê die oorblywende helfte ouer as twee jaar, plus alle agterstallige diensteskuld jonger as twee jaar) in 24 gelyke maandelikse paaiemente af te betaal. En hy moet weer eens onderneem om sy maandelikse rekening stiptelik en ten volle tydens die daaropvolgende 12 maande te betaal.

Solank die afbetalingsooreenkoms nagekom word, is geen rente op die agterstallige bedrag betaalbaar nie. Sou die verbruiker egter enige voorwaarde verbreek, word die afskrywings gekanselleer en hy skuld weer die volle bedrag, met rente ook  

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button