News

Môre is dit operasie skoonmaak by die museum

Skoonmaakaksie ook na museum uitgebrei

 

Sowat 25 Parysenaars, twee Verkenners van Parys Voortrekkerkommando en personeel van Security Master, het Saterdag die moue opgerol om weer te help skoonmaak in en langs die spruit by die Breë- en Van Collerstraat-kruising met die #parysselfdoen-projek. Daar is reeds groot vordering gemaak om die dorp skoon te maak en skoon te hou, veral by dié kruising wat in die verlede ‘n seer oog was met al die rommel wat deur verbygangers en haweloses hier gegooi word. Die rommel beland in die spruit wat dan weer in die Vaalrivier inloop en waaruit die dorp sy drinkwater moet onttrek.

 

 

Gazette het die afgelope twee weke oor verskeie selfdoen-aksies berig wat deur organisasies en individue in die dorp geloods is om te verseker dat die dorp sy aantreklikheid as gewilde toerismebestemming behou. Hierdie Saterdag kom die Parys museum aan die beurt waar die tuin en terrein skoongemaak sal word. Ook hier sal lede van die Parys Voortrekkerkommando kom hand bysit. AfriForum Parys en vrywilligers wat deelneem aan #parysselfdoen, sal volgende naweek weer onleesbare en afwesige stoptekens vervang en help om slaggate reg te maak. Kyk gerus na #parysselfdoen se Facebook-blad om te sien hoe jy betrokke kan raak en waar hulp nodig is. Dankie ook vir die water wat geskenk is vir verlede Saterdag se skoonmaak.  

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button