News

Indiensneming van werknemers: Dit is wat jy moet weet

Indiensneming van werknemers: Dit is wat jy moet weet

 

 

Dit is belangrik om met die begin van die diensverhouding tussen werkgewer en werknemer, die werknemer en werkgewer te definieer.
Hoe ontstaan die verhouding, en wat word verwag van die partye betrokke by hierdie verhouding?
Suid-Afrikaanse arbeidswetgewing definieer die werknemer opsommend as “enige persoon wat vir ‘n ander werk en vergoeding ontvang vir sy dienste, en sy kennis en arbeid beskikbaar stel om die werkgewer se besigheid voort te sit.”
Daar is geen wetlike definisie van ‘n werkgewer nie, maar kan afgelei word uit bogenoemde definisie dat dit die persoon is wat werksgeleenthede skep en vergoeding aan werknemers betaal. Arbeidswetgewing bepaal dat werkgewers sekere stelsels en prosedures in plek moet kry, en dat dit billik en regverdig toegepas moet word.
Die eerste stap in die diensverhouding is die aanstelling van die werknemer. Daarvoor kan ons terugval op die ewige waarheid wat die Bybel in Spreuke 26 vers 10 voorhou, “’n Boogskutter wat nie omgee wie hy raakskiet nie, so is iemand wat ‘n dwaas of sommer ‘n verbyganger huur.” Dit is dus redelik en voor die handliggend dat werkgewers seker moet maak wie hulle aanstel.
Belangrike beginsels hiervoor is:
* Bepaal vooraf wat jou vereistes vir die regte persoon in die pos sal wees.
* Plaas dit op skrif en jy sal ervaar hoeveel makliker dit is om die onderhoud te voer. Ons koop nie motors sonder dat ons vooraf sekere vereistes vir die aankoop daarvan gestel het nie. Doen dieselfde wanneer jy iemand aanstel.
* Kry sy/haar persoonlike besonderhede en vorige werkgewers inligting op skrif, en maak afskrifte van identiteitsdokumente en dienssertifikate. CV’s of aansoekvorms is van uiterse belang.
* Doen ‘n onderhoud
* Volg verwysings na.
Wetgewing vereis dat sekere bepalings van die diensverhouding op skrif gestel en aan die werknemer oorhandig moet word. Slegs werknemer-regte word hiervolgens beskerm. Daarom is ‘n kontrak wat ook werkgewer-regte beskerm, nodig.
As daar nie ‘n skriftelike kontrak is nie, is werkgewers blootgestel aan die werknemer se verwagtinge en gaan dit oneindige probleme tot gevolg hê, selfs tot in die CCMA. Onthou werknemers teken maklik voor aanstelling, maar na aanstelling nie sommer nie. Dit is makliker en goedkoper om die regte persoon aan te stel as om van ‘n verkeerd aangestelde persoon ontslae te raak.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button