News

Vroue in Vredefort bid saam

Vroue in Vredefort bid saam

 

Wêreldbiddag vir Vroue is Vrydag, 5 Maart ook in Vredefort gehou met ‘n diens gelei deur past. Juan Greeff in die dorp se NG Kerk. Met die jaarlikse biddag kry Christen vroue in meer as 170 lande die geleentheid om bymekaar te kom om saam te bid. Die geleentheid bring vroue van alle rasse, kulture en kerke saam om vir vrede en geregtigheid te bid.
Elke jaar word daar gefokus op ‘n ander land met ‘n unieke tema, en word die biddag op die eerste Vrydag in Maart gehou. Vanjaar se materiaal vir die Wêreldbiddag vir Vroue is deur die vroue van Vanuatu ontwikkel. Die tema is, “Build on a strong foundation”.
Die teksvers wat gekies is, is Mat-theus 18:19.

 

Past. Greeff het in sy boodskap gefokus op die woorde van Paulus in Handelinge 27 – “hou moed, want ek glo God dat dit so sal wees soos aan my gesê is.” Selfs in die ergste stormwater, kon Paulus moedhou omdat sy geloof geanker was in God.
Die eerste Wêreldbiddag vir Vroue in Suid-Afrika is in Maart 1930 in die Kaap gehou.

 

Related Articles

Back to top button