News

‘Johan weet nou van Nathan’

‘Johan weet nou van Nathan’

 

VANDERBIJLPARK. – “Johan weet nou van Nathan se dood. My tannie Catherina het hom gister gesê en Johan is okay,” het Bianca Venter, familie-woordvoerder vir die Hebler-gesin van Vanderbijlpark gesê.

 

“My oom is uiteindelik gister van die ventilator afgehaal. Hy praat self en hy het vir sop gevra om te eet. Dit gaan sommer baie beter met hom en ons is verheug,” sê Bianca.  Dit was kort nadat Johan (52) van die ventilator afgehaal is, dat sy vrou Catherina met hom oor hul seuns se dood gepraat het. Hulle dink hy het dit vermoed en dat sy net  bevestiging aan hom gegee het. Johan was reeds meer as ‘n maand na die tragiese skietvoorval waartydens die 18-jarige Nathan Hebler noodlottig buite die Slap Chips wegneemete-winkel gewond is in die hospitaal. Hy was vir ‘n geruime tyd nadat hy in die Netcare Unie-hospitaal in Alberton opgeneem is, in ‘n mediese koma, waarna hy mettertyd stadig wakker gemaak is.

“Ons hoop dat my oom vandag na ‘n versongingsentrum oorgeplaas kan word. Ons wil nou net hê hy moet nog beter word sodat hy kan huistoe kom,” sluit Bianca af.

Die Hebler-gesin van Vanderbijlpark in gelukkiger tye voordat Nathan noodlottig gewond is. Van links is kleinboet Jeandré, wyle Nathan, pa Johan en ma Catherina.

https://vaalweekblad.com/88337/johan-weet-nou-van-nathan/

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button