NewsNews

GPF gee duidelikheid oor die definiëring van verdagtes

GPF gee duidelikheid oor die definiëring van verdagtes

 

Die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) het tydens sy maandvergadering gefokus op die definisie van ‘n verdagte persoon of verdagte voertuig.
Daar is duidelikheid gegee oor die begrippe met die verduideliking dat iemand slegs as verdag aangemeld kan word sou daar redelikerwys vermoed kan word dat die persoon ‘n misdryf gaan pleeg, of gepleeg het.
Die GPF se patrollies word gereeld in kennis gestel van iemand, of ‘n voertuig wat na die opinie van ‘n individu as verdag voorkom. Hoewel dit belangrik is om inligting aan die polisie deur te gee, is dit ook belangrik om te onthou dat die polisie net ‘n arrestasie kan maak as daar redelikerwys ‘n misdryf of poging tot ‘n misdryf bewys kan word. Wanneer die arrestasie dan gemaak word, moet die klaer bereid wees om ‘n verklaring af te lê.
Die GPF het by die vergadering ook ‘n beroep op organisasies gedoen wat welsynsdienste in die dorp verrig, of selfs net per geleentheid voedsel of klerasie aan die publiek uitdeel, om die datums aan die GPF deur te gee. Hierdie geleenthede skep ‘n platform vir GPF-verteenwoordigers om waardevolle bewusmaking te doen, gerig op veiligheid van die gemeenskap. Mense is welkom om die GPF-voorsitter, Anne-marie du Toit te skakel by (056) 811 4631, of te WhatsApp na 082 437 5737 met datums.

 

 

Wie en wat is die GPF
Die doel van ‘n GPF is om ‘n veilige omgewing vir die gemeenskap te skep en daarom sluit die doelwitte in –
• Die GPF help die polisie en die plaaslike gemeenskap om saam te werk en om vennote teen misdaad te wees;
• Hul identifiseer en los probleme rondom misdaad, wanorde, vrese en swak dienslewering deur die polisie op;
• Hul verbeter kommunikasie tussen die polisie en die gemeenskap;
• Hul vind wyses om die polisiediens meer deursigtig en verantwoordelik te maak;
• Hul spoor die media aan om billik en regverdig te wees in hul rapportering oor die polisie;
• Hul monitor die polisiediens, insluitend klagtes, besoeke aan selle en patrollering;
• Hul help verskillende etniese groepe om beter saam te werk;
• Die GPF tree altyd op ‘n volwasse en beleefde wyse teenoor die polisie op.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button