NewsNews

Bekende sterf self agter die stuur op pad na sterwende moeder

Bekende sterf self agter die stuur op pad na sterwende moeder

SASOLBURG. ā€“ Familie en vriende van mnr. Jacques Struwig (51), ondervoorsitter van AfriForum op die dorp, het Dinsdag hul laaste eer aan hom en sy ma betoon nadat hulle verlede week enkele minute na mekaar aan natuurlike oorsake gesterf het.

Pas na die foonoproep het FƩbƩ in haar versorger se arms inmekaargesak en haar laaste asem uitgeblaas.
Die versorger het Jacques dadelik weer gebel om die doodstyding oor te dra, maar het toe die skoknuus gekry dat Jacques self agter die stuur van sy motor inmekaargesak en gesterf het.
Ondanks die hartseer gebeure is daar ook baie dankbaarheid by die gesin. ā€œSampie was gelukkig die oggend saam met Jacques en kon die motor tot stilstand bring. Daar was baie verkeer, maar ā€˜n weldoener wie se naam ons nie het nie, het agter hom gery, vermoed wat gebeur het en hulle bygestaan. Jacques het rustig gegaan. Sy moeder het rustig gegaan. God het reeds alles vooruit beplan,ā€ sĆŖ Louise.
Jacques, ā€˜n oudleerling van die HoĆ«rskool Vanderbijlpark, het 25 jaar in Sasolburg gewoon en was ā€˜n werknemer van Sasol Polimers. Hy sal veral onthou word as ā€˜n gesinsman, maar ook vir sy betrokkenheid by AfriForum, buurtpatrollies en skoonmaak-aksies in die dorp.
ā€œHy het oral gehelp waar iemand hom nodig gehad het,ā€ sĆŖ Louise.
Sasolburg se AfriForumtak het in ā€˜n boodskap van medelye op Facebook gesĆŖ Jacques se dood, verlede Dinsdag, was ā€˜n baie hartseer dag vir almal van die tak. Hulle sal hom onthou as ā€˜n man van integriteit wat ā€˜n groot positiewe stempel op die mense om hom afgedruk het.
Vir Louise is haar man se plekkie leeg, en sy sĆŖ sy sien en voel hom steeds oral, ā€œā€¦maar Jesus het besluit hy gaan eerste en dis hoe ons dit moet aanvaar.ā€ Sy is dankbaar vir die jare se saamwees en vir alles wat hulle kon deel.
Sy sĆŖ hy het sy laaste week by die see, ā€˜n week voor sy dood, besonder baie geniet en hulle het heelwat selfies geneem ā€“ iets wat hulle nie sommer gedoen het nie. Vandag is sy dankbaar oor diĆ© laaste herinneringe aan hom. ā€˜n Troosdiens vir Jacques en sy ma is Dinsdagoggend gehou. Wyle FĆ©bĆ© is volgens haar wens bo-op haar oorlede man in dieselfde graf begrawe, en Jacques gaan veras word.
FƩbƩ sou op 28 Maart haar 80ste verjaardag gevier het, en Jacques en Louise, eienares van HeBrews Koffiewinkel, sou op 30 Maart 30 jaar getroud gewees het. Jacques word buiten Louise ook deur hul kinders, Gerhard (28) en Lizelle (25) oorleef.
* Die Struwig gesin bedank almal wat hulle in diƩ moeilike tyd onderskraag. Hulle sal ook graag kontak wil maak met die weldoener wat bystand op die toneel verleen het. Die persoon kan Vaalweekblad by 083 246 0523 kontak om met die gesin in aanraking te kom.
https://vaalweekblad.com/88287/bekende-sterf-self-agter-die-stuur-op-pad-na-sterwende-moeder/

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button