NewsNews

Telkom staak sy diens aan Emfuleni-munisipaliteit

Kyk net hoe gaan dit in ander munisipaliteite

Amptenare van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) is sedert Januarie vanjaar genoodsaak om amptelike oproepe van hul privaat-telefone te maak nadat Telkom sy diens aan die munisipaliteit gestaak het weens wanbetaling.

 

Die munisipaliteit se agterstallige skuld aan Telkom het sedert einde Januarie tot sowat R1 miljoen gegroei. Die munisipaliteit se onvermoë om sy telefoon-stelsel suksesvol te bestuur het reeds in 2017 begin met die installering van ‘n stelsel deur die Brilliant Telecommunications-maatskappy. Die ouditeur-generaal (OG) het in sy 2017/18-verslag ‘n bedrag van R862 miljoen as onreëlmatige besteding aangedui waarvan die telefoon-stelsel deel was. Die kontrak met Brilliant Telecommunications is in 2019 gekanselleer en die munisipaliteit het besluit om eerder van Telkom gebruik te maak.

Ondanks die feit dat die kontrak met Brilliant Telecommunications gestaak is en die maatskappy tot op hede nog nie sy stelsel kom verwyder het nie, betaal Emfuleni-munisipaliteit die maatskappy steeds R290 000 per maand vir die gebruik van die stelsel. Telkom se maandelikse rekening aan die munisipaliteit beloop sowat R244 000. Dit is onaanvaarbaar dat inwoners nie hul diensleweringsprobleme kan aanmeld en amptenare nie hul werk na behore kan verrig nie.

Die VF Plus het verlede Donderdag tydens ‘n vergadering met die finansiële bestuurder, Andile Dyakala, daarop  aangedring dat die maandelikse fooi aan Brilliant Telecommunications dadelik gestaak moet word en dat dié maatskappy skriftelik versoek moet word om die stelsel te verwyder. Die geld kan aangewend word om Telkom te betaal. Die onvermoë van die Emfuleni-munisipaliteit om te sorg dat noodsaaklike dienste soos Telkom betaal word, het deur die jare na ander diensleweringsprobleme uitgebrei. Die VF Plus sal nie die druk verslap totdat alle bande met Brilliant Telecommunications verbreek is en agterstallige geld aan Telkom betaal is nie.

 

Telkom staak sy diens aan Emfuleni-munisipaliteit

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button