News

Mense-wreedheid teenoor diere al meer gesien

Mense-wreedheid teenoor diere al meer gesien

 

 

Ten spyte van finansiële uitdagings wat selfs nou nog meer is weens die gevolge van Covid-19, stry die plaaslike DBV ‘n geweldige stryd om in te tree by toenemende gevalle van diere wreedheid en mishandeling. In die wye area wat deur Parys DBV bedien word (Parys, Heilbron, Vredefort, Koppies en Lindequesdrift), is daar die laaste paar maande al meer gevalle van onder meer skilpaaie wat in die tradisionele Afrika-kultuur vir medisinale doeleindes gebruik word, mishandeling van perde, en ook honde wat vir hondegevegte of jagdoeleindes gebruik is.

Veral die probleem rondom hondegevegte is so groot dat die nasionale tak van die DBV ’n spesiale eenheid het wat met dié gevalle werk. Ongelukkig is mense dikwels vanweë intimidasie en die geheimhouding van sulke gevalle, sku om na vore te kom met inligting. Die voorkoming en hantering van wreedheid teenoor diere is een van die funksies van die DBV en moet daar pro-aktief sowel as reaktief opgetree word. Pro-aktief deur maandelikse besoeke aan onder meer hondesalonne, stalle, slagpale en troeteldierwinkels, terwyl reaktiewe optrede volg wanneer klagtes van dieremishandeling en wreedheid ontvang word. ’n Groot taak waarvoor die DBV ook in jou gemeenskap baie nodig is.

 

DBV-inspekteur Sarita Louw met die bergskilpad tot wie se redding hulle in November gekom he

Die toegewyde DBV persneel. 

Die DBV het tans hulp met instandhouding van die DBV voertuig, kos vir klein hondjies en katte, yskas vir die diere se medisyne en deure vir die kos- en linnekamer. Kan jy help?

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button